Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 24 Januarie 2016

 

Vryburg-tak van die Vroue-Landbouvereniging skop die jaar af met ‘n insiggewende vergadering oor sterre en planete. Eddie Cilliers gesels oor die wonders van die heelal.

 

Magda Eddie - Copy

Magda van Rensburg en Eddie Cilliers

 

Die stand van die son en die maan beïnvloed hoog- en laagwater. Springgety kom voor met nuwe- of volmaan wanneer die son, maan en aarde in lyn met mekaar is.

 

Eeue lank is geglo dat die aarde plat is. Galileo Galilei, die Italiaanse fisikus en sterrekundige, is deur die Roomse kerk onder huisarres geplaas a.g.v. sy wetenskaplike bevindinge dat die aarde om die son draai. Nicolaus Copernicus, ‘n Poolse wiskundige, het reeds in 1543 sy teorie gepubliseer dat die aarde om die son wentel.

 

Met die blote oog is daar ongeveer 2000 sterre waarneembaar en met ‘n gewone teleskoop sowat 15 miljoen en miljarde meer in die sterrrestelsel. In die Suidelike Halfrond word die sterrebeeld Crux of Suiderkruis na al die eeue steeds gebruik om jou weg te vind in die veld of op see.

 

Die aarde is ongeveer 150 miljoen km van die son wat 109 maal groter as die aarde is. ‘n Ligjaar word beskou as die afstand wat lig in een jaar aflê, nl. 9,4 biljoen kilometer. Dit neem sonlig gemiddeld 8 minute om die aarde te bereik. Indien die aarde nader aan die son was, sou lewe soos ons dit ken, waarskynlik nie moontlik gewees het nie.

 

Batt VRensburg Jordaan - Copy

Kleintjie Batt, Magda van Rensburg en Ora Jordaan was verantwoordelik vir die vergadering