Sirkel: SWD

Tak: Sedgefield

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: June Lötz

Datum: 20 Januarie 2016

 

“Pasop wat jy kwytraak op sosiale media…” So waarsku Bomber Web, redakteur van The Edge Community News, Sedgefield, en Athane Scholtz, redakteur van South Magazine. Bomber en Athane het tydens ‘n paneelbespreking bykans 50 VLV-lede van Sedgefield-tak, toegespreek.

 

Met baie passie en ‘n tikkie humor vermaan hulle dat dit uiters gevaarlik is om jou mening op sosiale media uit te spreek. Hulle noem voorbeelde van individue wat, as gevolg van onoordeelkundige elektroniese kommunikasie, ernstige gevolge moes dra. Hulle verduidelik dat Facebook soos ‘n huis is met oop vensters. Alhoewel jy in die privaatheid van jou eie huis is, kan almal in sien.

 

The Edge Community News, sowel as South Magazine, floreer tans ten spyte van die hedendaagse neiging tot elektroniese media. Bomber en Athane verduidelik wat hulle doen om hulle onderskeie publikasies relevant te hou.

 

Hulle lê deurgaans klem op die belangrikheid van positiwiteit. “Dit is elke mens se plig teenoor sy medemens om positief te bly in alle omstandighede.”

 

Bomber and Athane

Bomber Web, redakteur van The Edge Community News, en Athane Scholtz, redakteur van South Magazine, tydens ‘n paneelbespreking by Sedgefield-tak.