Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 20 Januarie 2016

 

Almal is verwelkom onder die groot boom op die plaas van Johannes en Riëtte Smit, Klein Klipfontein.

 

IMG_9158

 

Pieter, Arni, André en Gina is die potmakers en ons is bederf met tuisgebakte brood, konfyte en roomys met sjokoladesous.

 

IMG_9162

Die potmakers sorg vir heerlike kos

 

IMG_9163

Lin aan die woord

 

Lin Smit, die nuwe voorsitter, is vol entoesiasme vir die nuwe jaar en nooi almal uit na die Konferensie te Citrusdal, 1&2 Maart 2016.

 

Die lede het lekker saam gespeel met woordraai en gesegdes uit ons koerante. Prys is gegee vir die lid met die meeste korrekte antwoorde.

 

IMG_9161

Dit was eintlik ‘n lekker kuieraand op die plaas.