Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 Januarie 2016

 

Griet le Roux het terugvoering oor haar besoek aan Zambië, waar sy jaarliks naaldwerkklasse aanbied, kom gee. Sy het weer van die slegte paaie wat hulle trotseer het en ook van die tente waarin hulle gewoon het, kom vertel.  Serdert hulle vorige besoek, is daar ‘n gebou, wat vir vele doeleindes gebruik word, opgerig.  ‘n Kursus in die maak van skoolklere is aangebied en nog ‘n geskenkte naaimasjien is uitgedeel.

 

Dit het haar getref, dat soos in Nehemia, hulle harte in hulle werk is.  Uit die min wat hulle het, gee hulle graag.

 

P1040120

Wenda Preuss (voorsitter) en Griet le Roux

 

Johan Greeff, direkteur van Word to World Ministries, het kom vertel van die werk wat hy doen.  Hy bedien o.a. 4 keer per week by Goodwood Gevangenis waar hy kerkdienste aanbied en berading doen.

 

Hy doen die afgelope 19 jaar sendingwerk in Indië.  Daar het hulle al meer as 70 huiskerke met 1000 lede geplant.  83% van die bevolking behoort aan die Hindoegeloof en daar is ook nog ‘n mate van vervolging.  Hy besoek die land as ‘n toeris.  Hy kommunikeer d.m.v. ‘n tolk wat ‘n toegewyde en ywerige Christen is.

 

P1040119

Johan Greeff (spreker), Hanna Albertyn (lid) en ds. Coenie Coertze (tegniese assistent)