Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Beriggewer: Cecile Jonkheid

Datum: 18 Januarie 2016

 

Inligting wat onlangs op Facebook geplaas is om die VLV-tak op Stilbaai se skenking van 175 liter water aan die gebiede in die Noorde van ons land wat tans onder erge droogte gebuk gaan, bekend te maak, het VLV-Bredasdorp, Sirkel Overberg, geïnspireer om hierdie voorbeeld te volg.

 

Nie alleen sou die skenking ‘n bydrae kon lewer waar water regtig lewensnoodsaaklik is vir oorlewing van mens en dier nie, maar dit kon ook as ‘n waardige takprojek vir Bredasdorp-tak dien.

 

Die gedagte was aanvanklik om Stilbaai se 175 liter te ewenaar, maar die lede was uiteindelik baie dankbaar vir die welwillendheid wat hulle ervaar het om ‘n bydrae van 623 liter water te kon maak.

 

Overberg