H&H foto COLLAGES doppie

 

 

SIRKEL TYGERBERG

Die SLEAK-doppieprojek (Skills Learning Educational Activities for Kids) is ‘n inisiatief van die finale jaar arbeidsterapie-studente van die Universiteit Stellenbosch in samewerking met die Bishop Lavis Rehabilitasiesentrum.

Met die hulp van die studente word die volwassenes wat werklose dames is, maar vrywilligers in die projek, weekliks voorberei om die program aan te bied.

 

Leerders van graad 4 tot 6 wat deel van die projek is, word geleer om doppies bymekaar te maak en sodoende die omgewing te respekteer. Hier word hulle na skool lewensvaardighede geleer en op ‘n konstruktiewe wyse besig gehou en geleer om hul vrye tyd nuttig te bestee.

 

Sirkel Tygerberg se takke is entoesiastiese ondersteuners van hierdie doppie-insameling aangesien dit ook herwinning is en besoedeling teenwerk. By die sentrum is ‘n reusesak wat gevul word met die plastiese doppies en dan per gewig verkoop word. Uit die inkomste word benodigdhede aangekoop vir die projek. Na gelang van die hoeveelheid doppies wat die leerling kan versamel, word hy/sy met ‘n bewys (token) beloon wat by hul Recycle Swop Shop ingeruil kan word vir ‘n verskeidenheid artikels soos toiletware, nie-bederfbare kos, skryfbehoeftes, lekkers, koffie, tee, ens. volgens hul behoefte. So word ‘n nuttelose doppie omskep in ‘n nuttige hulpmiddel om kinders op die regte pad te plaas.

 

H&H foto COLLAGES 2

Mara Wege, Joan van Vuuren, Elise de Stadler, Sarah Groenewald, Ester de Bruyn (Voorsitter)

 

Durbanville het 70 pakkies en truitjies vir die Moeder Teresa-projek vir Tygerberg se neo-natale afdeling gebrei.

 

knitedknockers

Bron: www.knitedknockers.org

 

Die knockers is oorspronklik ‘n Australiese idee. Dit is ‘n spesiale gebreide borsprosteses vir vroue wat mastektomies ondergaan het. Gewone prosteses kan warm en swaar wees en kan dikwels nie onmiddellik na chirurgie gedra word nie. Hierdie prosteses is sag, gemaklik en mooi en wanneer hulle in ‘n gewone bra gedra word, het hulle die vorm en gevoel van ‘n regte bors.

 

Prostesespakette kan aangekoop word en bevat die patroon, katoendraad en suiwer nuutwolvulsel wat benodig word vir twee borste. Hulle is volledig wasbaar. Dit kan in Suid-Afrika aangekoop word van Dana Biddle (083 268 5856) of Ruth Archer (083 272 4022) teen R50 per stel.

 

Durbanville het 42 pare of 84 enkeles gebrei in verskillende groottes wat aan Tygerberg Hospitaal se Onkologie-afdeling geskenk is.

 

SIRKEL WESKUS

 

Sirkel Weskus het entoesiasties deelgeneem aan die projek, MONDHIGIëNE.

  • Aurora deel tandepasta en –borsels aan die graad 4 en 5-leerders van die plaaslike laerskool uit. ‘n Mondhigiënis verduidelik aan die leerders hoe om hul tande te versorg. Die lede het die projek in samewerking met die NG Kerk se Vrouediens geloods.
  • Citrusdal het deur middel van die skoendoosprojek vir Kersfees, tandeborsels en -pasta uitgedeel.
  • Clanwilliam het 30 materiaalsakkies, uitgevoer met stewige plastiek, waarin tandepasta, tandeborsel, ‘n sepie en ‘n waslappie is aan Elandsfontein Primêre skool uitgedeel. Inligting oor goeie mondhigiëne is aan leerders oorgedra.
  • Graafwater het 25 tandeborsels en -pastapakkies, wat ook ‘n appel, sepie en waslappie ingesluit het, aan die graad R-leerders van die Hoërskool Graafwater uitgedeel.
  • Hopefield het 50 pakkies met tandeborsels en -pasta aan Holvlei Primêre skool oorhandig.
  • Langebaan deel 179 pakkies aan die graad 1 tot 3-leerders van Laerskool Langebaanweg uit. Dr. Peet Badenhorst het aan leerders die korrekte manier hoe om tande te borsel en te vlos, verduidelik.
  • Leipoldtville se tandeborsels en -pasta het aan die drie plaaslike skole se leerders gegaan.
  • Moorreesburg oorhandig aan die Oslo-klas, ‘n klas vir gestremde leerders by Laerskool Dirkie Uys en die Dolfyntjieklas in Rosenhof  tandeborsels en -pasta.
  • Piketberg se pakkies is aan die graad R-leerders van Groenvlei Primêr uitgedeel en ‘n plaaslike klinieksuster het aan die leerders vertel hoe belangrik tandversorging is.
  • Porterville se 159 tandeborsels en -pasta is aan die leerders van drie plaaslike skole uitgedeel.Tandversorging is aan die leerders verduidelik.
  • Redelinghuys het ‘n pannekoekverkoping gehou waarvan die fondse gebruik is om tandeborsels en -pasta aan te koop vir die graad 1 tot 3-leerders van Laerskool Redelinghuys.
  • Helenabaai deel 60 tandeborsels en -pasta aan graad RR- en R-leerders van die plaaslike skool uit. Ester Pedro, mondhigiënis, gesels met die kleuters oor tandversorging.

 

536

Langebaan saam met leerders van Laerskool Langebaanweg.

 

weskus 1

Oslo-klas vir gestremdes, Moorreesburg, leerders van Leipoldtville en leerders van Slimkoppies, Dwarskersbos.

 

weskus 2

Graad R-leerders, Hoërskool Graafwater, Karitas, skool vir gestremdes, Vredenburg en Willemsvlei Primêr, Porterville.

 

SIRKEL MIDDELLAND

 

malmaison 1

Malmaison, Sirkel Middelland, oorhandig kombersies aan inwoners van Valleihof te Kirkwood.

 

malmaison 2

Malmaison, Sirkel Middelland, skenk groente aan Centre of Hope se sopkombuis.

 

read

Althea Scholtz van Steytlerville, Sirkel Middelland, is die afgelope vier jaar betrokke by ‘n plaasskool in die distrik. Ruan en Justine is reeds op vierjarige ouderdom blootgestel aan boekvoorlesings en selfontdekking van boeke. Hulle het die lede kom verras met hul uitstekende leesvaardighede vir graad 1-leerders. Lede is bewus gemaak wat betref die behoefte aan betrokkenheid om plaaskinders meer leesvaardig te maak deur na te dink oor die boekvreugde en leesgenot danksy hul eie leesvaardighede en hoe arm ons sal wees as ons daarsonder sou moes klaarkom.

 

DSCF5965

JC en sy ouers en Marietjie van der Walt, voorsitter van Carpe Diem. JC was baie ingenome met sy nuwe paar skoene!

 

Carpe Diem, Sirkel Middelland, verkoop droëvrugte en het vir Kersfees vir die Williams-seuntjie, JC, en sy ouers geneem om vir hom klere ter waarde van R500, asook ‘n speelding te koop. Sy pa is ‘n karwag by Spar en sy ma werk as huishulp. JC is nou 5 jaar oud, is outisties en ly aan spierdistrofie. Hy kan nog nie praat nie en sy ouers het nie die finansies of die kundigheid gehad om hom by ‘n skool te kry nie. Dit was verblydend om te hoor dat sy oupa nou onderneem het om vir sy skoolgeld te betaal. Daar is weer ‘n bedrag van R500 aan sy pa geskenk en die tak beplan om  weer te help met sy skoolklere.