Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Beriggewer: Rita van Lill

Datum: 28 November 2015

 

Graafwater-tak se laaste vergadering van die jaar was op 28 November. Dit was ook die afskeid van Voorsitter, Claudie Lintvelt.

 

VLV Afskeid 025_resized_1

Bos blomme wat ons vir Claudie gegee het. Sy was die afgelope jaar ons Voorsitter en was voorwaar ‘n leidster 1000. Sy kán werk en organiseer soos min! Sy en Dokkie gaan nou boer op hulle plaas by Loeriesfontein. Ons wens hulle ‘n heerlike verblyf toe.

 

VLV Afskeid 004_resized_1

Foto van al die dames by die mooi gedekte tafels by Mad Hatters in Lambertsbaai. Heerlike ontbyt  is geniet.

 

VLV Afskeid 012_resized_1

Bekeroorhandiging vir die jaar se harde werk.

Maritha de Klerk (Beste Prestasie), Emma Geretsen doen die oorhandiging, Carol van Zyl (Gebak) Marietjie Visser (Preservering)