Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 25 November 2015
Daar het ‘n feestelike atmosfeer geheers toe Langebaan-tak hul jaar afgesluit het.
Die musiekblyspel Mamma Mia is opgevoer en slegs 6 dames kon die afsluiting nie bywoon nie. Die saal was prentjiemooi versier en die dames het almal baie moeite gedoen met hul voorkoms.
Voor die tyd is die bruidstafels gedek en heerlike kosse is voorberei. Die hoogtepunt was die Mamma Mia opvoering wat meesterlik uitgevoer is.
Hilary Nepgen (Voorsitter) het almal bedank vir ‘n spanpoging duisend. Sy het almal ‘n geseënde feestyd toegewens en ons gelaat met die tema van 2016: Droom, Glo en Leef.
100% bywoning
Bestuur – voor: Elize Kleynhans, Mona Greeff en Hilary Nepgen. Agter: Maretha Buckle, Elmine Archibald, Dirkie van Schalkwyk, Johanna Prins, Henna Greeff, Hetta Mans, Joey Viljoen en Jodi Terblanche.
Leave A Comment