Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Beriggewer: Hermien Van Zyl
Datum: 24 November 2015
Kleinmond-tak se VLV-werksaamhede vir 2015 is op ‘n hoogtepunt afgesluit – tekenend van ‘n jaar wat vol hoogtepunte was:
• Die jaar het afgeskop met die spyseniering vir Dimsie Krone, erelid, se 90ste verjaarsdag
• Die tak het met 6 trofeë teruggekom van die Sirkelkonferensie
• Die tak was gasvrou vir ‘n baie geslaagde Sirkelinligtingsdag
• Elkeen van die 6 portefeuljes het interessante, leersame vergaderings aangebied: apteke wat primêre gesondheidsdienste kan bied, navorsing oor luiperds m.b.v. kameras, verftegnieke op houtmeubels, ‘n boekbespreking, style vir binneversiering, en die funksie/stimulasie van die brein om degenerasie te verhoed
• Die tak se 30ste verjaarsdag is tydens ‘n vergadering gevier
• ‘n Heerlike uitstappie is onderneem na Jubileumhuis en Longridge Wynlandgoed op Stellenbosch
• Die jaarlikse dinee is weereens suksesvol aangebied
In aansluiting by die takbesoek aan Jubileumhuis, was daar groot belangstelling by die taklede, veral die talle nuwes wat onlangs aangesluit het, in die storie van die herkoms van die VLV-potjie. Hermien van Zyl het met hierdie laaste vergadering haar wenstorie oor die opsporing van die potjie (vir die VLVK-skryfkompetisie van 2011) voorgelees en kopieë is aan die belangstellendes beskikbaar gestel.
Die talentvolle Maja van Dyk en haar ewe begaafde ma, Stefnè, voordat hulle ‘n pragtige vioolvertolking van Ave Maria deur Maja, op die klavier begelei deur haar ma, Stefnè, gelewer het. Dit het die klem op die ware Kersfees laat val. Daarna het hulle ook ‘n treffende sangduet gelewer, Piu Jesu. Dit het mooi aangesluit by die Kersboodskap van Ria Maree, waar met die uitdeel van ‘n stokkielekker vir elke lid, uitgekom is by die kern van die gees van Kersfees soos die kougom die kern van die stokkielekker is.
Foto 2: Tydens die afsluitingsvergadering is lede beloon vir hul deelname aan die verskillende takkompetisies. Ninnie du Toit, voorsitter was die algehele wenner, met Mariëtta Serdyn tweede en Alice van Rooyen derde.
LNR Alice, Mariëtta en Ninnie, met heel regs Annie Jooste, vise-voorsitter, wat die pryse oorhandig het. Ander pryswenners van die verskillende onderafdelings was o.a. Daphnè Loots, Hermien van Zyl, Annie Jooste en Luna Conradie.
Verskeie plaaslike besighede, en ook van elders, het die pryswenners ruim geborg en dit vir hulle die moeite werd gemaak om deel te neem.
‘n Ina Paarman-geskenkpak is uitgeloot en Daphnè Loots was die gelukkige wenner daarvan. Hier staan sy, links, by Alice van Rooyen wat die voortou met hierdie inisiatief geneem het.
Die taklede kon ook sien hoe lyk die nuwe kinderboek Pieter Kokkewieter van Milan Murray. Haar medewerker, Charmaine Nolte, se skoonma, Marita Nolte, lid van Kleinmond-VLV het ‘n boekbekendstelling gereël wat groot belangstelling uitgelok het. Hier staan Rika Raats, Maryna Laubscher en Constantia Cilliers elkeen met ‘n eksemplaar.
Leave A Comment