Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 21 November 2015
Sirkel Tygerberg het hul jaar se aktiwiteite op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n Alice in Wonderland-teeparty.
By baie kleurvolle en hoogs-versierde tafels het die dames aangesit vir ‘n gesellige kuiertjie. Die middelstuk was meestal ‘n kunstig-versierde koek met ‘n hele paar verskillende lae. En die eetgoed was natuurlik uit die boonste rakke.
Besondere koeke en middelstukke
Almal het hul verbeelding vrye teuels gegee vir die kleredrag volgens die tema: Queen of Hearts, Mad Hatter, The Red Queen, White Rabbit, Tweedledum and Tweedledee en nog baie ander – hulle was almal daar!
Caro Ekermans as Queen of Hearts – algehele wenner
Elfrieda Auret as die Red Queen
Sandy Delport en Juliette Tomatos as Tweedledum en Tweedledee
Elsebe Swart as Mad Hatter
Leoni Johnston as die Red Queen
Leave A Comment