Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Beriggewer: Hermien van Zyl
Foto’s: Alice van Rooyen
Datum: 21 November 2015
Jaarliks hou die VLV-tak van Kleinmond ‘n afsluitingsdinee waar hulle mans die eregaste is. Vanjaar was geen uitsondering nie en 130 lede en gaste het hierdie glansgeleentheid bygewoon. Elke portefeuljegroep het sy eie tafel versier en vir ‘n gereg gesorg. Die voortreflike spyseniering van die VLV-vroue was soos gewoonlik, ‘n wenresep vir ‘n heerlike aand.
Voorsitter Ninnie du Toit en haar man Koos, was die gasvrou en gasheer.
Pragtig versierde tafels het op die gaste gewag.
Anita Steenkamp en Ria Coetzee met hul gades gaan die tuna-voorgereg geniet.
Steph Liebenberg verskaf die begeleiding vir Christine Dreyer se voordrag van Lina Spies se treffende gedig “Protes teen Kersfees”. Daarmee het sy baie van die toehoorders se weersin in die kommersialisering van die Christusfees verwoord.
Leave A Comment