Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 17 November 2015

 

Naas ons fondsinsameling, is die afsluitingsfunksie ons groot jaarlikse spoggeleentheid. Tydens hierdie vergadering vind ons prysuitdeling plaas en die lede ontvang dan ook hulle knopies.

 

P1040116

Diensknopies: Trudie Els 15 jr; Rita Bester 30 jr; Joan le Roux; 20 jr; Verona Burger 40 jr en Enola Venter 5 jr

 

P1040117

Trofeë: Agter – Wenda Preuss – gebak, mikrogolf, preservering, kookkuns; Feesia Marais – kunste en handvlyt; Maryna Britz – blomme; Lettie Hoffman – landbou en tuinbou, masjienwerk; Martie Beneke – hekel; Voor: Tina Muller – breiwerk en Rose Heyne – masjienbrei.  Lettie Hoffman het ook die trofeë vir die meeste takinskrywings tydens konferensie verower asook die skild vir die grootste totaal.