Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 16 November 2015
Een van Goodwood-tak se talle uitreikaksies hierdie jaar was die Alfred Turner Huis vir fisies gestremde mans. Ons kon ‘n groot bydrae maak tot hulle koskas en daar was ook ‘n ruim bydrae van skoonmaakmiddels en toiletware.
Hierdie instansie maak op die kollektebussies by winkelsentrums staat vir die nodige fondse – daar is tans net drie kollektante wat die insameling behartig.
Op die foto’s is maar net 1/3 van die produkte wat ingesamel is. Ons kon sewe drasakke vol oorhandig.
Agter staan Elvis, ‘n inwoner, en Tersia, die kantoorassistent. Voor sit Bennie, die eienaar.
Leave A Comment