November 2015
Liewe VLV-vriendinne
‘n Rukkie gelede lees ek onderstaande waarheid raak en ek deel dit graag met u:
“Ek is ‘n vrou.
God berei my voor vir iets groter as myself
En gee my drome van liefde en billikheid.
Ek gee myself hiervoor,
Maak my hart en arms oop sodat
God nuwe lewe deur my kan skep.”
(Anoniem)
- Onlangs het u onderstaande advertensie op die VLVK-webwerf gesien:
- Baie geluk aan Mev. Retha Skyn, Voorsitter VLV-Caledon, Sirkel Overberg, wat ’n vierde prys “losgebak” het in hierdie kompetisie!
- Gehoor van ‘n #MelktertRewolusie? @Wegtydskrif #BakVirDieBeker?
- Leatitia Cloete van die Kimberley-tak, Sirkel Kimberley en Distrik, is een van die 5 finaliste!
- Marieka Bekker van die Dordrecht-tak, Sirkel Noordoos-Kaap, is ook een van die 5 finaliste!
Baie geluk, Leatitia en Marieka! Sterkte vir die finale “bak”-wedloop!!
Tot ‘n volgende keer!
Moenie ophou om te droom nie, bly glo en leef gelukkig!
Karien
Leave A Comment