Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-Wes

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 12 November

 

Victoria-Wes se VLV het vir hul jaarafsluiting op 12 November ‘n uitstappie na die kaasplaas op Loxton onderneem. Bokmelkprodukte word hier vervaardig. Vier soorte bokke word gemelk .

 

Met hul aankoms is die dames deur Estelanie, die kaasmaker, ontvang en deur die fabriek geneem. Die melkery en die proses oor hoe die kase en joghurt gemaak word, is aan die dames gewys. Daarna was daar geleentheid om aan die heerlike bokmelkkase en joghurt te proe. Natuurlik is van die produkte gekoop om saam te neem huis toe.

 

kaasplaas3

kaasplaas4

 

Na die interessante oggend is die dames na Loxton waar ‘n ligte ete in die Rooi Granaat genuttig is. Dit was voorwaar ‘n genotvolle wyse om die jaar mee af te sluit.