Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 11 November 2015
Die dames is in ‘n pragtig versierde saal welkom geheet en het hulle verkyk aan die lewendige goudvissies en heerlike eetgoed op die tafels.
Dit was prysuitdeling vir diegene wat hard gewerk het en aan alle kompetisies deelgeneem het. Dit was bedankingstyd vir diegene wat gereeld bygewoon het en ‘n besondere bydrae tot die sukses van die tak gelewer het.
En dit was ‘n heerlike samesyn tussen vriendinne. Die dames is vermaak deur die singende egpaar, Francois en Wilana Henn van Malmesbury. Francois, ‘n dominee, het tussen deur ook ‘n boodskap van hoop gelewer.
‘n Baie lekker somersoggend en ‘n goeie afsluiting van ‘n besige jaar.
Dorothy Visser en Joline Russouw
Francois en Wilana Henn met Martie du Plooy
Joline Russouw en Hurita Visser
Suretha Fourie en Joline Russouw
Bestuur 2015
Leave A Comment