Sirkel: NOK

Tak: Jamestown

Studierigting: Landbou & Tuinbou, Opvoeding & Kultuur, Leefstyl, Kunste &Handvlyt

Aanbieder: Drini van Pletzen en Marlene Lategan

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 11  November  2015

 

Die byeenkoms van 11 November het by Marlene Lategan op die plaas Kareeboschfontein plaasgevind, waar sy en Drini van Pletzen gasvroue vir die dag was. Almal is verwelkom met ‘n tafel waarop allerhande geskenkies die lede ingewag het! Oral op die tafel was boekmerkies met gesegdes wat mense aanmoedig om boeke te lees, asook RPO inligtingspakkette. Elkeen het ook ‘n geskenkpak met ‘n pet van OVK en ‘n boekmerkie wat Marlene gemaak het, ontvang.

 

Koekvurkies is uitgedeel aan die lede wat die afgelope jaar nooit afwesig was nie. 2 jaar: Drini van Pletzen & Cecile Nel. 4 jaar: Hilda v/d Walt & Antoinette van Pletzen. 11 jaar: Philna van Pletzen. 21 jaar: Christell Venter.

 

Die dag se program is deur die Magenta-groep, Marlene Lategan & Drini van Pletzen, aangebied, en elkeen moes iewers die kleur Magenta in haar kleredrag hê. Marlene het die program ingelei deur te vra watter kanselier van Stellenbosch Universiteit in Jamestown gebore is. Antoinette het die prys gewen met H.B. Thom. Kaartjies met ‘n gedig van Breyten Breytenbach is gesirkuleer, met agterop die naam van elke lid. Elkeen skryf dan iets positiefs oor die persoon wie se naam agterop geskryf is. Op die ou einde kry elkeen haar kaartjie terug en lees by die huis wat ander van haar dink!

 

DSCN1676

Die lede bymekaar: Agter sit Gerrie Upton, Philna van Pletzen, Cecile Nel, Drini van Pletzen, Hilda v/d Walt, Lucia Lieberum, en Marlene Lategan. Voor sit Mariana van Pletzen, Christell Venter, Elsie Oosthuizen en Antoinette van Pletzen

 

Vervolgens het Drini vir elkeen ‘n boekie gegee met verskillende kleure lint op elke bladsy. Een vir een vra Drini dan die betekenisse van daardie kleur. Philna kry die hoogste telling. Elkeen het ‘n lêer met pragtige foto’s oor verskillende tuinmaakmetodes met klippe gekry en Drini het dit bespreek. Haar gelukkige trekking is deur Cecile Nel gewen.

 

Daarna is die bekende Esie Oosthuizen, doktersvrou van Burgersdorp, aan die woord gestel. Eerstens het sy gepraat oor “Work for a Living”-sentrums. Sy is al 6 mde in Burgersdorp besig met die projek, met die motto “Wat laat ek agter?”. Besighede betaal ‘n minimale bedrag om hul werkers in basiese vaardighede te laat oplei. Die kursus duur 12 dae (net in die oggende) @ R100 p/p en 3 denkwyses wat die kandidate trots maak op wie hulle is, word aangespreek:

  • How to work to a standard of excellence
  • Learn English
  • Be employable

 

Daarna het Elsie pragtige voorbeelde gewys van wat sy alles met reslappies doen, bv. plekmatjies, kussings, krale, ens.

 

DSCN1690

Nr 690 : Elsie se interessante krale

 

DSCN1672

Van links luister Lucia Lieberum, Philna van Pletzen, Marlene Lategan, Drini van Pletzen en Mariana van Pletzen na ‘n begeesterde Elsie Oosthuizen (middel).

 

Christell het aan elkeen 2  inkleurblaaie vir volwassenes oorhandig, aangesien dit deesdae baie gewild is as stresverligter. Sy het ook die webwerf “Color my Doodle” aanbeveel.

 

DSCN1678

Marlene se heerlike maalvleisbondeltjies