Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Landbou en Tuinbou; Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Lea van der Vyver, Karin Pienaar

Datum: 11 November 2015

 

Op Woensdag, 11 November 2015, kom Aberdeen VLV op die plaas Platdrift buite Aberdeen bymekaar vir die laaste vergadering van die jaar.

 

Jadré Lategan verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed.

 

Annalie Lategan lewer ‘n praatjie oor die grondbeginsels van tuinmaak.  Sy vertel hoe sy met die hulp van Keith Kirsten se boek, “Grondbeginsel vir Tuinmaak”, haar eerste tuin aangepak het.  Sy wys foto’s van hoe die tuin aanvanklik op hulle vorige plaas, Langrug, gelyk het en hoe dit gelyk het toe hulle daar weg getrek getrek het.  Sy wys ook foto’s van hoe die tuin op Platdrift gelyk het toe hul daar ingetrek het en van die transformasie proses.  Sy verduidelik die verskillende basiese tuinontwerpe met die hulp van diagramme, en vertel van die belangrike rol wat kleur en vorm in die tuin speel.  Hierna beweeg die vergadering na haar tuin, waar sy bogemelde in haar tuin uitwys.  In die tuin word daar idees uitgereel, raad gee, terwyl almal die rustige atmosfeer van hierdie boomryke tuin geniet.

 

Daarna is dit tyd vir iets te ete en drinke.  Daar word gesels oor ‘n koppie tee, vonkelwyn en eetgoed.  Klein geskenkies wat elk gebring het word op die maat van klavierbegeleiding uitgedeel.

 

Annalie Lategan sluit die dag af met ‘n praatjie oor pottebakkery.  Sy verduidelik die verskillende soorte klei wat beskikbaar is en hoe elkeen gebak word.  Sy demonstreer die brei proses en die korrekte manier om klei te hanteer.  Aan die hand van voorbeelde wys sy wat alles van klei gemaak kan word, asook hoe dit geverf en glasuur word.

 

Annalie Lategan Tuin 1

Annalie Lategan se pragtige tuin