Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Beriggewer: Erika Lubbe, VLVK-argivaris

Datum: 11 November 2015

 

Die gasvrouens: Karen Greyling, Taktesourier; Lulu van Wyk, Taksekretaris; en Samantha Groenewald het ’n feestelike teetafel gedek en versier vir die afsluitingsvergadering wat ook sommer die verrassingspartytjie vir die Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, wat vanjaar 60 jaar oud word, was. Corrie verjaar elke jaar op 28 Desember by die see, maar hierdie jaar het die lede gesorg dat sy op Prieska, tydens die afsluitingsvergadering saam met haar VLV-vriendinne, haar sestigste verjaarsdag vier.

 

Gasvrouens - Lulu van Wyk, Sekretaris; Karen Greyling, Tesourier; Samantha Groenewald, lid

Gasvrouens v.l.n.r.: Agter Lulu van Wyk, Taksekretaris; Karen Greyling, Taktesourier en voor: Samantha Groenewald

 

Erika Lubbe, die vorige VLVK-president, het geopen met ’n voorlesing van die skrywer, Chris Barnard, se: Toeka se Kerstyd uit VREDE OP AARDE, ’n KERSBOEK byeengebring deur Linda Rode en met illustrasies deur Alida Bothma; Skriflesing uit Jesaja 9:5 en ’n gebed.

 

Surietha Kotzé het haar 20-jaar dienskenteken ontvang. Alexis Etsebeth wat op 26 November,  Marazaan van Jaarsveld op 19 Desember, Erika Lubbe op 24 Desember en Corrie Liebenberg op 28 Desember verjaar, het geskenkies ontvang.

 

Corrie Liebenberg steek Surietha Kotzé se 20-jaar dienskenteken aan.

Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, steek Surietha Kotzé se 20-jaar dienskenteken aan.

 

Karen

Karen Greyling het ‘n verjaarsdaggeskenk aan Takvoorsitter, Corrie Liebenberg oorhandig.

 

Corrie Liebenberg was nooit die jaar afwesig nie en Anna de Villiers, Chrisna Coetzee, Lulu van Wyk, Landi de Beer, Surietha Kotzé en Erika Lubbe was net 1 keer met verskoning afwesig.

 

Die suksesvolle VLV-jaar is afgesluit deur yskoue pons, feestelike koeke en terte, wat deur die gasvrouens voorgesit is, te geniet en heerlik saam te skerts, te lag en te kuier!

 

Saamroeper Openbare Sake, Nadia Muller met klein Lylahtjie, Irene Coetzee, Annatjie de Villiers

LNR Saamroeper van Openbare Sake, Nadia Muller, met haar dogtertjie, Lylahtjie, op haar skoot; Saamroeper van Landbou en Tuinbou, Irene Coetzee; en Annatjie de Villiers