Sirkel: Weskus
Tak: St. Helenabaai
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 10 November 2015
St. Helenabaai tak se lede het 2015 in vrolike luim op die plaas Soutsakfontein vaarwel geroep. ‘n Glasie vonkelwyn in die ou plaasskuur het almal sommer baie welkom laat voel.
Uittredende Voorsitter, mev. Miems Bodenstein, het tydens die geleentheid die voorsitterskap aan mev.Maggie Enever oorhandig. Mev. Estelle du Plessis, Sirkelpresident Weskus, het die geleentheid as eregas bygewoon. Na die toesprake word daar ‘n heerlike driegang-ete geniet. Die ete was pragtig voorgesit. Nie net lekker nie, maar ook ‘n lus vir die oog.
Mevv. Miems Bodenstein, uittredende Voorsitter, Estelle du Plessis, Sirkelpresident Weskus en Maggie Enever, nuutverkose Voorsitter
Elke lid het ‘n VLV-blik met tuisgebak as geskenk van die tak ontvang.
Die dag is op die ruim stoep met koffie, in blikbekers, en sjokolade afgesluit.
Leave A Comment