Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 6 November 2015
Die VLV se jaarlikse Kersmark het op 6 November in die stadsaal plaasgevind. Dit is die vyfde jaar wat die geleentheid gehou is.
Verskeie uitstallers het hul ware uitgestal, terwyl die ACVV ligte etes ter fondsinsameling verkoop het. Die VLV gee jaarliks aan ‘n verdienstelike organisasie die geleentheid om op dié manier hul fondse aan te vul. Stalletjiefooie word ook jaarliks aan ‘n projek/organisasie geskenk. Vanjaar is die “gumboot”-dansers aangewys as die begunstigdes. Hulle sal dit aanwend vir die aankoop van T-hemde.
Belangstellendes besigtig die ware tydens die Kersmark
Leave A Comment