Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 4 November 2015
‘n Hele 46 lede en van die mans het saam afsluiting gehou op Andro Tredoux se plaas. Daar is gebraai en sameroepers het slaaie, asook ‘n broodtafel gehad.
Pryse en bekers is aan ‘n klomp lede uitgedeel en vir 100% teenwoordigheid was daar ook ‘n beloning. Marlene Dirkse van Schalkwyk is ons tak se 10/10 lid. Sy is ‘n voorbeeld op elke gebied en ‘n ware leier. Ons het afskeid geneem van Anita Rossouw wat 50jaar deel was van die VLV, maar verhuis na Hermanus. Sy het ook die bekers oorhandig.
Anita Rossouw – 50jr VLV-lid
Bekerwenners, LNR Nelene Louw, Angelina Mostert, Suzaan Mostert, Irma Siebrtiz, Marlene Dirkse van Schalkwyk, Lin Smit, Jenette Voges, Marie Malan
Jan en Angelina Mostert – oudste VLV-lid
Lin Smit het die lapelwapen van Voorsitter by Sinnie Koegelenberg oorgeneem. Verskeie lede het hul 5-,10-, en 15jaar lapelwapens gekry.
Nuwe Voorsitter, Lin Smit, saam met Sinnie Koegelenberg
Almal het lekker gekuier en die dag geniet saam met vriende van die VLV. Mag elkeen ‘n Geseënde Kersfees hê en’n voorspoedige 2016.
Leave A Comment