Sirkel: Namakwaland

Beriggewer:  Irma van Niekerk

Datum: 4 November 2015

 

Op 4 November 2015 het Vredendal en Nieuwoudtville se VLV-takke  gesamentlik hulle verjaardag  by die pragtige venue, Rooms with a View, net buite Vredendal, gevier.

 

Sanet Ras, Voorsitter van Vredendal-tak, het die opening behartig. Beatrice van Zyl van Vredendal en Hettie McGregor van Nieuwoudtville deel hulle ervarings, mylpale en hoogtepunte van die afgelope jare met die gaste. Dit was lekker om te hoor hoe die VLV jare gelede daar uitgesien het, en wat die dames alles vermag het. Vandag nog is die VLV vir baie vroue, die plek waar hulle d.m.v. demontrasies, praatjies en  kompetisiedeelname, hulle kennis verbreed.

 

Heidi van Niekerk en Sanet Ras

Heidi van Niekerk en Sanet Ras

 

Hettie McGregor en Lulu Kotze is stigterslede van Nieuwoudtville-tak en word vereer vir 50 jaar lidmaatskap. Lulu Kotze het al die jare op die Bestuur gedien, en woon steeds die bestuursvergaderings by.  Hettie McGregor is reeds vir jare een van ons tak se beoordelaars, en deel gereeld haar kennis met die dames.  Hulle is albei VLV-baanbrekers.

 

Hettie McGregor, Heidi van Niekerk, Lulu Kotzé

Hettie McGregor, Heidi van Niekerk, Lulu Kotzé

 

Die welbekende dr. Anna Louw is spesiaal verwelkom as oudste lid van Vredendal-tak en word vereer vir haar 60 jaar lidmaatskap. Verskeie lede van Vredendal ontvang lidmaatskapknopies.

 

Dr Anna Louw, ons mees senior lid van Sirkel Namakwaland

Dr Anna Louw, ons mees senior lid van Sirkel Namakwaland

 

Sonja Squires van Calvinia, ‘n kenner in die veld van gawe- en talentontwikkeling, was die hoofspreker.  Met haar kennis van die brein en emosionele intelligensie, het die dames aan haar lippe gehang, en sou nog vir ure na haar kon luister.  Sy is ‘n uitnemende spreker, en beslis ‘n kenner op dié gebied.

 

Sonja Squires praat oor Emosionele Intelligensie.

Sonja Squires praat oor emosionele intelligensie

 

Arika van Niekerk, een van die jongste lede van Nieuwoudtville-VLV,  se twee mooi liedjies met  eie kitaarbegeleiding is terdeë geniet.

 

arika

Arika van Niekerk lewer ‘n sangitem en vertel van haar ouma wat ook ‘n VLV-lid was en haar inspirasie is.

 

Die heildronk is ingestel deur Heidi van Niekerk, Sirkelpresident van Namakwaland. Sy het verskeie mylpale van die VLV oor die afgelope jare uitgelig.  Een daarvan was, dat VLV daarvoor verantwoordelik is, dat u vandag ‘n vervaldatum op produkte sien.