Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 31 Oktober 2015

 

Soos die weduwee se kruik, so is maalvleis en brood in Acqua se hande. Nimmereindigend.

 

968 jaffels in bietjie minder as 6 ure wil gedoen wees. En dit nadat daar eintlik beplan is vir 800 en nie ‘n droesem meer nie. Helaas. As die maalvleis en die brode nie wil klaar raak nie, word die jaffelysters nie neergesit nie.

 

20151031_133036_resized

Soos elke jaar sedert 2010 het goeie beplanning, onblusbare werksywer en groot entoesiasme die harde werk ‘n feestelike kuier gemaak. So tussen die gesmeer en gebak, geskep en gepak was niks te onbenullig om rondom die gasstofies uit te pluis nie. Daar is baie hard gewerk, baie gepraat en baie gelag!

 

20151031_133007_resized  20151031_132953_resized

Die “food & beverage manager” het gesorg dat die kele nat bly. Die “quality controller” het seker gemaak dat elke jaffel van hoogstaande kwaliteit is en die “distribution manager” tel jaffels in haar slaap. Die kassier het streng fiskale beheer toegepas, terwyl “middle management” die een jaffel na die ander uitgeryg het.

 

Aan die einde van so ‘n jaffeldag is die Kwa-Kwa’s moeg, maar dankbaar.  Die seëninge het jaffel vir jaffel ingerol en die tak het nagenoeg R10 000 by takfondse kon voeg. Welgedaan Acqua, welgedaan!