Sirkel: Weskus
Tak: Redelinghuys
Beriggewer: Gerda van Schoor
Datum: 27 Oktober 2015
Op Dinsdag, 27 Oktober 2015, besoek die VLV-lede Redelinghuys-Primêr. Mev. Ina Janse van Rensburg vertel vir die Graad 1 – 3 kinders wat dit beteken om gereeld tande te borsel en genoeg groente en vrugte te eet. Sy beklemtoon dat jy en net jy alleen, jou tandeborsel mag gebruik. Om kieme op te tel gebeur baie maklik.
Mev. Ina Janse van Rensburg
Die drie onderwyseresse het elkeen ook ’n sakkie met ’n tandeborsel, tandepasta en ’n appel ontvang.
Elsabé van Zyl het die pakkies aan elke kindjie uitgedeel.
Mev. Ina Janse van Rensburg, Susan Visser en Elsabé van Zyl verskyn saam met die onderwysers en ’n seun wat trots sy pakkie vashou.
Leave A Comment