Sirkel: Tygerberg
Tak: Stellenberg Vonkelvriendinne
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Caro Ekermans
Datum: 24 Oktober 2015
Op Saterdag, 24 Oktober, het Stellenberg Vonkelvriendinne bymekaargekom aan huis van hul voorsitter, Leonore Ward, om hulle bydraes vir die Santa’s Shoebox Projek te verpak.
Bydraes is deur die loop van die jaar by elke maandvergadering deur die lede bygedra en hierdie was die groot pak! Eerstens moes al die kartondose mooi oorgetrek word met papier met ‘n Kersfeesmotief. Dan moes die verdere versierings, soos plakkers, bygesit word en dan eers kon die inhoud, volgens ouderdom en geslag, ingepak word.
Kartondose oortrek: LNR Liz Joseph, Ina Bergh, Rhonelle du Plessis en Lydia van Reenen
Operasie oortrek: Lorraine van der Westhuizen, Gerna Conradie en Liz Joseph
Elke pakkie het ‘n waslap, seep en tandepasta bevat. Vir die tieners was daar ook reukweerder en sulke nodige goedjies. Daar was ook speelgoed, kledingstukke, skryfbehoeftes en lekkers in elke kartondoos.
Op die ou end was daar 32 pragtige Kersfeespakkies wat aan die Santa’s Shoebox Projek gelewer kon word. Hierdie projek is gemik op behoeftige kinders dwarsoor Suid Afrika en jaarliks word derduisende sulke kartondose, afkomstig van individue, verenigings en maatskappye, deur hierdie instansie versprei.
Na al die uitsorteer, knip, plak en pak het ons heerlik ontspan met die nodige eet-en drinkgoed en betyds klaargekry om tuis op televisie te gaan kyk hoe die Springbokke slae kry!
Die Bittereinders:
Voor: Liz Joseph en Gerdea Burger
Middel : Leonore Ward (Voorsitter), Lydia van Reenen, Rhonell du Plessis en Ina Bergh
Agter: Gerna Conradie, Lorraine v.d. Westhuizen en Caro Ekermans
Leave A Comment