Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Erika Lubbe, VLVK-argivaris

Datum: 22 Oktober 2015

 

Nadia Muller (Saamroeper Openbare Sake); Karen Greyling (Tesourier); Landi de Beer (Visevoorsitter) en Samantha Groenewald (Taklid) was verantwoordelik om ’n dag se bederf vir die Senior Burgers van Chrisami te reël.

 

Die Senior Burgers is deur van die Taklede na die pragtige plaas, Oranjeriviervoere, van Taklid, Jacobie, en Johan Botha, ’n paar kilometer buite Prieska vervoer. Die oudste getroude egpaar in die gemeente, oom Willie en tannie Ria Vos, was ook teenwoordig.

 

Vlnr Fanie Swanepoel, Esté Swanepoel, Elsie van Wyk

Senior Burgers van Chrisami teenwoordig, LNR Fanie en Esté Swanepoel, Elsie van Wyk

 

Vlnr Hetta van Wyk, Hester Fourie, Christina Wahl, Martie van Niekerk

V.l.n.r.: Hetta van Wyk, Hester Fourie, Christina Wahl en Martie van Niekerk

 

Dit was ’n pragtige lentedag en almal is vrolik verwelkom met ’n yskoue mengeldrankie. Gepaste, vrolike musiek uit die vroeë era is gespeel om die Senior Burgers tuis te laat voel en hulle in die regte stemming te bring.

 

Die gasheer, Johan Botha, het vleis gebraai en daarmee saam is vars slaaie bedien. Die heerlike aarbei-maaskaastert het in almal se smaak geval.

 

Na vrolike geskerts, grappies en stories moes hulle weer terugkeer na Chrisami – elkeen met ’n pakkie heerlike eetware in die hand. Die Senior Burgers en die Taklede teenwoordig was dit eens dat die uitstappie een van die hoogtepunte van die jaar was.

 

 

Vlnr Jacobie Botha, Annatjie de Villiers, Frena Muller, Samantha Groenewald

V.l.n.r.: Jacobie Botha, gasvrou; Annatjie de Villiers; Frena Muller; Samantha Groenewald