Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 21 Oktober 2015

 

Ons tak het by die firma Growing Paper gaan besoek aflê nadat een van die eienaars ons tak die vorige jaar besoek het en ‘n praatjie gegee het oor hul werksaamhede.

 

Die lede was so geïnteresseerd dat ons besluit het om ‘n uitstappie daarvan te maak en die 35 km vanaf die Paarl aan te pak na die plaas Wyngaard in die Paardeberg-omgewing.

 

Ons het dit baie geniet om deur die mooi omgewing te ry. Op die plaas is ons welkom geheet en na die stoor geneem waar die personeel besig was met die werksaamhede van diie dag.

 

Ou papier vanaf kantore, banke, prokureursfirmas, ens. word in groot kuipe met water gegooi en verpulp. Daarna word die pulp met saadjies bestrooi.  Hul gebruik 2 soorte kruiesaad en verskeie klein blomsade.

 

Die pulp word dan op siwwe gelê en gedroog. Sodra die vel papier droog genoeg is, word dit vining in ‘n groot tonnel opgehang om heeltemal goed droog te word. Die papier word dan op maat gesny en bedruk met pragtige, kunstige motiewe. Daarna word allerhande produkte, soos kalenders, boekmerkies, kaartjies, geskenkkaartjies en nog vele meer van die papier gemaak.

 

VLV Growing paper

Hier is die dames binne die tonnel waar die papier gedroog word.

 

Vlv growingpaper 3

Mev Hester Smit, ons takvoorsitter, by van die personeel wat besig is om kaartjies te vou en te verpak.

 

Die idee van die saadjies is om die klaar gebruikte papier onder ‘n lagie grond te bedek en nat te maak en die saadjies dan te laat ontkiem.

 

Die produkte word bestel via die Internet, verkoop in verskillende winkels en is selfs in die buiteland te koop.

 

Daarna is ons bedien met heerlike tee en botterbroodjies.

 

Vlv growing paper 2

LNR Nileta, mede-eienaar van Growing Paper, mevv. Botha, Knoetze, Kock en Marinda Rall, Sirkelpresident, wat die dag saam met ons geniet het.