Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 20 Oktober 2015

 

Ursula Doran van Rainbow Star Child Safety het ‘n identiteitspakket aan ons lede kom bekendstel.  Hierdie organisasie, wat deel van die Gemeenskapspolisiëringsforum in Table View is, het dit ten doel om die publiek van die veiligheid van ons kinders bewus te maak. Die pakket bevat materiaal om o.a. jou kind se DNS en vingerafdrukke te neem en ‘n kaart om die betrokke kind se inligting gereeld te opdateer.

 

‘n Ander opsie is ‘n ID-kaart met al die kind se inligting m.b.t. sy gesondheid, ens. wat noodpersoneel, in geval van ‘n ongeluk, kan gebruik.

 

P1040110

 

Die SafetyTat is ‘n aftrekplakker van wateroplosbare ink, wat soos ‘n tydelike tatoeëermerk lyk, met die kind se telefoonnommer daarop.

 

Daar is ook ‘n opsporingsapparaat wat kinders sowel as ouer persone kan gebruik.  Wanneer die persoon in ‘n noodsituasie verkeer, kan hy slegs die SOS-knoppie druk en die 5 persone wie se nommers ingeprogrammeer is, kry elk ‘n SMS en  kan dan op die noodsituasie reageer.

 

P1040109

Ursula Doran (links) en Enola Venter (sameroeper)