Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Nellie Viljoen

Aanbieder: Arine Bosch

Datum: 20 Oktober  2015

 

Oktober is borskankermaand en elke persoon by VLV-Vryburg se vergadering het ‘n pienk strikkie gedra om dankie te sê vir elkeen wat al die stryd gestry het. Daar word ‘n Koppie vir KANSA gedrink en donasies sal aan die kankervereniging oorbetaal word.

 

Rikus Pienaar van die Leon Taljaardt Natuurreservaat het lede toegespreek oor aspekte van sy werk. Hy beklemtoon die volhoubare benutting van die aarde se natuurlike hulpbronne. Water en voedselproduksie is reeds onder groot druk en die vernietiging van die natuur word voortgesit in die drang na meer en meer geld.

 

Rikus Arine - Copy

Rikus Pienaar en Arine Bosch

 

Die reservaat, aangrensend aan Vryburg, beslaan 2000 hektaar. Inwoners en besoekers kan gerus ‘n besoek aflê om die verskeidenheid wildsoorte te besigtig.

 

Hulle het ‘n probleem met rondloperhonde wat diere aanval en soms noodlottig beseer. Rondloperkatte hou ‘n bedreiging in vir voëls, veral dié wat op die grond broei. Daar is renosters in die reservaat gestroop en ander is onthoring, ‘n praktyk wat die persoonlikheid van die diere verander tot die horing weer uitgroei en die dier voel dat hy hom sal kan verdedig.

 

Rikus pleit vir die oordeelkundige uitroei van plaagdiere, maar dat getalle van alle diere beheer moet word voor die natuur vernietig word. Dit is ‘n seën en voorreg om met diere in die natuur te werk.

 

Kerse word aangesteek vir alle persone met kanker, alle persone geraak deur plaasaanvalle en vir die 878 renosters wat reeds vanjaar landswyd doodgemaak is.

 

Elize Marietjie Mariaan - Copy

Elize Conradie, Marietjie Steyn en Mariaan Meiring, wat reeds die stryd gestry het

 

Met die oog op Kersfees, word ‘n verskeidenheid van kersbome uitgestal.

 

kersboom 2 - Copy  Kerspakkies - Copy