Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewers: Wenda Preuss en Alet Colyn

Datum: 16 Oktober 2015

 

Een van Goodwood se omgeeprojekte is die Filliaskool vir verstandelik-gestremde kinders.  By ‘n vorige geleentheid is die leerders elk van ‘n sakkie met toiletware voorsien en die lede het besluit dat ons daardie benodigdhede weer wil aanvul.  Die ware is tydens saalopening aan die kinders oorhandig en hulle het dit met groot dankbaarheid ontvang.  Die skool se orkes het ons verbaas – die toewyding waarmee elke lid sy instrument bespeel was aangrypend!

 

filiaskool 002

Toiletware

filiaskool 006

Kinders saam met hul skoolhoof, mev. Mortlock.

 

Nog een van ons omgeeprojekte is die Alfred Turner Huis vir liggaamlik-gestremde persone in Goodwood.  Die lede het fluks bygedra aan niebederfbare produkte soos kos, skoonmaakmiddels en toiletware.

 

Weereens ‘n bewys van VLV- GOODWOOD wat OMGEE!