Sirkel: Middelland

Tak: Rocklands

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Mavis van Eyk

Fotograaf: Mavis van Eyk

Datum: 15 Oktober 2015

 

Rocklands tak het hul jaarlikse Kankertee gehad en Johanna van Eyk het op ‘n gepaste wyse geopen deur vir ons te vertel van die pad wat sy met kanker stap. Sy het ons ook vertel van haar hartprobleme en dat sy net 15% hartfunksie het. Sy is ‘n baie positiewe mens en vertrou volkome op die Here se Genade en Bystand.

95396B3B

Johanna van Eyk

 

Penny Anderson het ook vir ons kom vertel van haar opheffingswerk wat sy doen by ‘n skool by Seaview. Sy het haar werk begin deur gimnastiekklasse aan te bied en ook kitaarlesse te gee. Die kinders is ook geleer om te bak, te brei, naaldwerk en houtwerk te doen. Op die oomblik word rekenaarklasse aangebied en herwinning van plastiek gedoen. Kinders bring die plastiese houers en word dan daarvoor vergoed.

ED66F400

Penny help ook die kinders met huiswerk en doen Bybelstudie met die kleiner kinders. Voorwaar ‘n merkwaardige vrou wat kans sien vir baie.

 

2B692974

Sue Henning, voorsitter, Penny en Kwikkie Pretorius

Lede van Rocklands tak het ook goedere oorhandig aan Penny vir gebruik by die skool waar sy betrokke is.