Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Portefeulje: Gesondheid

Sameroeper: Petro Steenkamp

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 15 Oktober 2015

 

Eintlik was dit ‘n uitrytjie en nie ‘n uitstappie nie, want ons moes vêr ry na die Volkswagen fabriek. Elf lede en vyf gades trotseer vroegoggend die reën. Gelukkig wag ‘n bewolkte, maar reënlose Uitenhage vir ons.

 

Gewapen met oorfone om die gids te hoor en brille om die sweisvonke te keer, maar sonder kameras, ry ons VW karretjie-trein stadig deur die fabriek. Hier word ‘n paar honderd motors per dag gebou.

 

Die monteringslyne volg een na die ander en ons sien hoe ‘n motor gebore word; van grys plate wat deur ‘n robot rondgeswaai word tot ‘n spoggerige nuwe ryding. Hierdie robotte, hierdie draaiende, werwelkankkende monsters laat ons monde oophang. Vergeet van die motors; wie het hierdie masjiene ontwerp?

 

010 vlv

Gehalveer deur laser; selfs die kosmandjie

 

In die museum, oftewel AutoPavilion, ge-open Maart 2007,  word die geskiedenis van Volkswagen uitgebeeld. Hier is Beetles uit die verlede saam met die heel nuutste tegnologiese uitvindsels.

 

011 vlv

‘n Groen Kewer uit Afrika ?

 

Op pad huis toe eet ons ‘n gesonde middagete by Crossways Farm Village, waar jy ook vir jou ‘n “groen” huis kan laat bou.