Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum: 15 Oktober 2015
Die FEESkomitee
Veels geluk liewe Wellington, omdat jul verjaar, mag die 85 jaar nog baie herinneringe bring. Ja nee, dis makietietyd in die Boland. Daar is tot besoekers van ander takke wat genooi is vir hierdie Olimpiese Spele 2015. Die Sirkelpresident, Marinda Rall, het ons ook kom verras.
Die saal is getooi vir die pret en oral is stalletjies waar aktiwiteite aangebied gaan word. Eintlik moet mens dit net op beeld vasvang, woorde is te min vir hierdie dag.
Daar word algemene kennis getoets, aartappeldraf met ‘n aartappel op ‘n lepel, ring-‘n-pennetjie waar jy die ringe oor hakies moet gooi, “ball in the bucket” waar jy ‘n tennisbal in ’n emmer moet gooi en natuurlik haak-die-stert –aan-die-donkie.
Mensig, maar ons het vrolike en deelnemende spanne van rooi, groen, oranje, blou en geel. Ja, lekker Olimpiese kleure. Na al die opwinding en waterlafenis, word ons rustig om die tafels en speel Bingo. Ek het nog nooit vrouens so opgewonde oor syfers sien word nie. Die pryse is waaroor alles gegaan het.
Petro & Rinie speel Bingo
Lafenis
Vat so, sê die oranje span!
Ek moet noem dat deur alles heen, was die litte losgemaak en opgewarm ook. Daar was ‘n instruktrise wat gesorg het dat niemand ‘n spier sal verrek nie.
Hierdie heerlike oggend is afgesluit met verversings en natuurlik ‘n verjaarsdagkoek. Almal het gesing en hande geklap en gehelp om die kersies uit te blaas.
Voorwaar ‘n 85 werd!
Leave A Comment