Sirkel: Weskus

Tak: Porterville

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Louwna Hoving, [email protected]

Datum: 15 Oktober 2015

 

Mnr.Victor Kalis verduidelik die hele proses van koringboerdery met verwysing na die saaibespuiting-, oes-, en leweringsproses en die koöperasie se betrokkenheid.

 

Foto 1

2.1-ton VLV-lede op die skaal by die koöperasie

 

Graangewasse bevat proteïen, bekend as gluten, wat veroorsaak dat brood kan rys as dit gebak word. ‘n Klein persentasie word teruggehou vir saadproduksie en die hooi word as ruvoer vir diere gebruik. Suid-Afrika se koringopbrengs is laer as die res van die wêreld as gevolg van onbestendige kli-maat en vlak gronde. Dit het die afgelope 30 jaar verbeter a.g.v. beter kultivars, effektiewe siektebeheer en navorsing. Afwykings wat onderproduksie veroorsaak is swak besmestingtoediening, verkeerde spuitprogramme, onkruid en insekte. Die produsent is in beheer van hierdie afwyking. Die hantering en opberging is baie belangrik. Vervoermiddels moet skoon wees, sifsels kan voor versending skoongemaak word. Insekbeheer kan toegepas word deur losmaatbespuiting, sirkulasie en siloberoking. Monsterkeuring en gradering en bergingprosesse word aan lede verduidelik.

 

Foto 2

LNR Louna van der Westhuyzen, Cedric Titus, Victor Kalis en Willem Carolus vertoon die peste wat die koring en koringprodukte bedreig

 

Daarna besoek ons die olyfplaas waar Jan-Hendrik Basson die hele pluk-, was- en persprosedure verduidelik. Die eerste bome is bykans 10 jaar gelede aangeplant en die Andanté-olyfolie spog met verskeie toekennings. In 2015 het hulle by SA Olive twee goue- en twee silwertoekennings ontvang, asook geklas onder die ABSA Top 5.  Voorts het hulle Intenso by die Marco Zicella Awards eerste plek verower in Intense-afdeling vir consumers choice. In Italië het hulle 2015 derde in die klas geëindig in Il magnifico: 80 olies is gekeur en 24 toekennings is verkry waarvan slegs 6 van buite Italië was en slegs 2 uit die suidelike halfrond. Dus ‘n merkwaardige prestasie om een van daardie twee te wees. Dis ons gemeenskap se trots!

 

Foto 3

Jan-Hendrik Basson verduidelik die maak van olyfolie

 

Die uitstappie is afgesluit met ‘n heerlike wynproe en verversings by die plaaslike kelder.

 

Foto 4

Wynproe by die plaaslike kelder