Sirkel:  Weskus

Tak: Piketberg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Nicoline Brown

Datum:  15 Oktober 2015

 

Tydens die Leefstylvergadering is ‘n interessante toer deur Italië geneem.  Elcia de Foglio en haar seun, Daimon, het vir die lede gedemonstreer hoe om hulle eie pasta te maak.

 

12113306_458942207612194_6729888186469047458_o

Elcia de Foglio en Daimon

 

Sy het ‘n kort insig in die land se ryk geskiedenis gegee, vanaf die Romeinse Ryk asook die vervolging van die Christene.

 

Kos speel ‘n groot rol en is daarom  deel van die simboliek by troues en doopgeleenthede. Pizzas (of plat brode), olyfolie, lekker Italiaanse roomys, baie soorte kase, tamaties, baie speserye en sterk koffie is sinoniem met Italië.

 

pasta nr.3

‘n Pastarangskikking, uit verskillende soorte pasta, is vir die versiering van die tafels gemaak.

 

Verder het die lede elkeen ‘n kits-bêremengsel (pannekoekmengsel) ontvang en is resepte met 3 bestanddele deur Moira vd Westhuizen uitgedeel.

 

Dan het Alida Walters (sameroeper) gewys hoe jy vinnig ‘n maklike “toppie” met net een naat kan maak.  Jy moet ‘n rekstof gebruik en kan besluit hoe groot en wyd die nek se opening moet wees.

 

pasta nr 2

Moira (links), Alida Walters (middel), sameroeper; Marieke (regs)

 

Die twee “modelle” Moira vd Westhuizen (links) en Marieke Visser (regs) het dit ten toon gestel.

 

Die Sirkelpresident van Weskus, Estelle du Plessis, het die tak tydens hierdie vergadering besoek en heerlik saamgekuier.