Sirkel: Paarl

Tak: Klein Drakenstein

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Johlene Hall

Datum: 14 Oktober 2015

 

IMG-20151103-WA001

 

Klein Drakenstein tak het op ‘n uitstappie na Jubileumhuis gegaan. Lede ontmoet Marianna Jordaan, VLVK-sekretaris, wat die historiese agtergrond met ons deel, asook die interessante inligting oor die inhoud van en uitstallings in Jubileumhuis.  Ons verneem o.a. dat die karaktervolle Jubileumhuis herbou is in die Georgiaanse styl van 1842 en in 1979 geopen is.

 

Die Emily Hobhouse kantversameling, wat uit die konsentrasiekampe van die Anglo Boere-Ooorlog “gered” is, is op permanente bruikleen van die Oorlogsmuseum te Bloemfontein. Die uitstalling raak die harte aan weens die ongelooflike fyn kunswerkies wat onder moeilike omstandighede gemaak is!

 

Die 33 borduurartikels van Hetsie van Wyk wat aan VLVK geskenk is, vorm die kern van die museumuitstallings. Ander kunstenaars se kloskant, laslapwerk, knoopwerk, hekel- en breiwerk-artikels word ook uitgestal. Dit alles maak van Jubileumhuis die grootste en mees volledig toegeruste Tekstielmuseum in die land.