Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Elize Locke
Datum: 13 Oktober 2015
Voëlvlei het op Dinsdag, 13 Oktober hul jaarlikse verrigtinge afgesluit met ‘n heerlike middagete by Hansie en Grietjie Padstal buite Vleesbaai.
Pragtige gedekte tafel
Heerlike mousse in konfytbotteltjies
Dit is ‘n tradisie by die Vereniging om dames wat elke vergadering gedurende die jaar bywoon met ‘n spesiale teelepeltjie te beloon. (Sommige dames het al ‘n hele versameling). Hierdie jaar het tien dames hierdie prestasie behaal.
100 % Bywoning
LNR: Voor – Tannie Joan Muller, Reneè Zaayman; Middel – Elmarie Engelbrecht, Betsie Muller, Tannie Olive Muller; Agter – Rika de Villiers, Tineke Reinink, Marie van Rensburg, Chrisilda van Rensburg
Verskeie toekennings is ook aan dames gemaak wat gedurende die jaar gereeld aan die verskillende kompetisies deelgeneem het. Freda Menderoi het ‘n sertifikaat ontvang vir die meeste inskrywings. Elize Locke en Elmarie Engelbrecht was onderskeidelik tweede en derde. In die afdeling vir die deelnemer wat die meeste punte deur die jaar versamel het, ontvang Elmarie Engelbrecht die sertifikaat met Elize Locke tweede en Christine Beytel derde.
Meeste Kompetisie Inskrywings
LNR: Freda Menderoi, Elmarie Engelbrecht, Elize Locke
Die dames verdaag met baie seënwense en groete na ‘n heerlike kuier om eers weer aan die einde van Januarie 2016 te vergader.
Leave A Comment