Sirkel: Paarl

Tak: Slot-van-die-Paarl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 13 Oktober 2015

 

IMG_0053

Frouwien du Toit (Voorsitter), Annalise Loubser (Sekretaris), Elmarie van der Merwe (gasvrou), Willem Botha (spreker) met Hildegard du Plessis (Stellenbosch – Intertakbeker) voor

 

Die takke van Sirkel Paarl is verwelkom in ‘n saal versier met boeke, woorde en uitstallings.

 

Laerskool Slot-van-die-Paarl, saam met juffrou Rolene Hanekom, voer  ♪Iemand het ‘n lappop op die ashoop weggegooi…♪ op.

F11

Kleuters met die “lappop” voor

 

Die spreker, dr Willem Botha van die WAT, verklaar dat hy opwinding en energie waarneem by die VLV. Afrikaans was die taal van die werkers. Die Bybel is juis vertaal vir die werkers en so het die 1ste Afrikaanse Woordelys in 1888 ontstaan en in 1904 het SJ du Toit die 1ste woordeboek opgestel. In 1925 word ‘n Afrikaanse woordeboek met staatsteun opgestel en in 1926 begin die WAT. Die WAT is nie die HAT nie. Laasgenoemde is ‘n kleinboetie van die WAT en sluit nie enige streektaal in nie.

 

Moderne woordeboeke maak nie woorde nie, maar doen navorsing so wyd as moontlik in streektaal, vloekwoorde, … alles wat gevestig is in Afrikaans; dit sal seker nooit voltooid wees nie. Die WAT is ‘n omvattende woordeboek wat alles opneem. Sitvlak het byvoorbeeld 36 variante.

 

DJ Opperman het die skryf van ‘n gedig vergelyk met ‘n beeldhouwerk – jy kap en kap en kap. ‘n Woordeboek is soos ‘n engel wat uit die klip verlos word; dit is ‘n klomp werk om die navorsing te beitel en te beitel om dit mooi uiteen te sit.

 

Het u geweet dat bankrot nie afkomstig is van bank + rot nie? Dit het ontstaan gedurende die middeleeue in Italië wanneer ‘n sakeman se laste sy bates oorskry het. ‘n Geldskieter het gekom en die toonbank middeldeur gekáp, banka (breek) rotta het bankrot geword.

 

Die WAT bied werkwinkels by skole aan. Die leerders sal dit nie gebruik as dit nie elektronies is nie!! Die WAT beoog om binne 6 maande op die Internet te wees.

 

Die WAT het ‘n gratis taalnavraagdiens.

 

“Borg ‘n woord” word baie aktief bemark. Hoekom? Die staat het finansies baie ingekort. Hulle is nou 70% afhanklik van donasies. Dit kos R100 ‘n woord waarvoor jy dan ‘n sertifikaat ontvang. Ons word aangemoedig om ‘n woord te borg met iemand se verjaardag of herinnering vir iets in jou lewe of vir ‘n spesiale geleentheid.

 

F13

Kompetisietafel

 

Kompetisie-uitslae:  Met die “al in die rondte”-tema word daar fluks meegeding in Breiwerk (bal), Hekelwerk (kopband), Gebak (Ina Paarman sjokoladekoek) Preservering (uie marmalade) …. en die Intertakbeker gaan in 2015 na ….. Stellenbosch!!

 

F1

Wenners met die pragtige geborgde Ina Paarman-pryse – Stellenbosch (derde), Slot van die Paarl (tweede), Jean Rosenstein wat die pryse oorhandig het en Klein Drakenstein (eerste)