Sirkel: WesKus

Tak: Graafwater

Portefeulje: Landbou en Tuinbou, Openbare Sake

Beriggewer: Rita van Lill

Datum: 13 Oktober 2015

 

Landbou en Tuinbou – Marcia de Jongh

Marcia lig die lede in dat Dr Roos, ‘n veearts , elke maand na Lambertsbaai kom om haar dienste aan te bied.  Die kos van troeteldiere word bespreek. Water is baie belangrik. Moenie melk aan honde of katte gee nie. Interessante feite i.v.m. honde en klein kindertjies word met almal gedeel. Honde aanvaar nie maklik klein kindertjies nie, hulle word as ‘n bedreiging gesien. Omtrent 70% van hondbyte  kom voor by kinders onder die ouderdom van 10 jaar. Waarsku ouers en oumas om kinders te beskerm. Grappige videos oor diere word vertoon.

 

 

Openbare Sake – Steffie Maree

Steffie lees voor uit tydskrifte. Droom ons nog oor iets? Het ons nog drome? Is ons te besig om te droom? Moet nooit dink wat jy wil doen is niks werd nie. Skryf  neer wat jy  nog graag wil doen.  Wees bereid om te erken dat jy ook ‘n feilbare mens is. Aanvaar ander se idees.

Steffie herinner lede aan die oorskiet sepies vir die koshuiskinders.

VLV Graafwater Okt verg 008

 

Ons tak hou markdag. Lede bring produkte wat hulle verkoop.  10% van die verkope gaan vir die VLV-kleinkas.