Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 12 Oktober 2015

 

Middelland se breiblokkie-projek word met groot erns bejeën deur die lede van Acqua tak.

 

Letterlik honderde breiblokkies, die een so veelkleurig soos die volgende, is al met liefde gebrei en aangegee vir Magriet Schmidt om in kombersies omtower te word. Magriet hekel die blokkies aanmekaar en verfraai die kombersies met gehekelde blomme en harte. Die ontvanger van so ‘n kombersie moet darem by eerste aanblik weet dat die vroue van Middelland se Acqua tak die kombersie met groot sorg, liefde en omgee gemaak het.

 

Die voltooide kombersies word gereeld uitgedeel aan verdienstelike persone of soos vandag, ‘n verdienstelike organisasie. Tien kombersies is aan Kim Frankhauser van Ithemba Lam, ‘n interim huis van veiligheid vir babas en peuters, oorhandig.

 

Ithemba 1

Gaan loer ‘n bietjie by http://www.ithembalam.co.za/about om meer te wete te kom oor die wonderlike werk wat daar gedoen word.

 

Goedheid en guns los altyd die hande van die gewer met ‘n lieflike welriekende geur.

 

ithemba 8

Magriet, Diane, Mariët, Natania en Malinda