Sirkel: Overberg

Tak: Caledon

Beriggewer: Yvonne Pretorius

Datum: 8 Oktober 2015

 

Caledon tak bied jaarliks ’n  Koppie vir Kanker aan as fondsinsameling vir KANSA. Hierdie geleentheid het vanjaar plaasgevind op, Donderdagmiddag, 8 Oktober 2015.

 

DSC02577

Pragtige Irisse gerangskik deur Liza Visagie, Leefstylsameroepster

 

Roeline Schwartz, ‘n kankeroorwinnaar, het haar pad wat sy met kanker gestap het met die gaste gedeel. Roeline het ‘n baie bemoedigende boodskap gelewer. Sy is ‘n baie gelowige persoon wie keer op keer weer opgestaan en voortgegaan het na die vele kere van ‘n positiewe kankerdiagnose. Bid en glo het haar deur die jare gedra.

 

DSC02596

Roeline Schwartz, spreker

DSC02592

Roeline Schwarts, Anna Badenhorst en Judith Roux

 

Sunette Beukes, Voorsitter Cansa Relay for Life, het die gaste ingelig in verband met ‘n bakkompetisie as ‘n projek om fondse in te samel vir die volgende Cansa Relay for Life in 2016. Alle gebak-inskrywings sal na die kompetisie verkoop word as verdere inkomste vir KANSA

 

DSC02597

Sunette Beukes, Voorsitter Cansa Relay for Life

 

Sowat 80 gaste het hierdie geleentheid ondersteun en het heerlik gesmul aan Retha Skein se koeksisters en ander eetgoed.

 

DSC02581

Charline Niemand en Heidie van Jaarveld

DSC02582

Liza Visagie en Esnie Coetzee

 

Retha Skein, takvoorsitter en bobaas koeksisterbakster, het onlangs in Pretoria deelgeneem aan Helpende Hand se koeksisterkompetisie. Helpende Hand is ‘n onderafdeling van Solidariteit en hulle het met hierdie kompetisie beoog om die koeksisterresepte van ouds te bewaar vir die nageslag, aangesien koeksisters ‘n erfenis-gebak is. Retha het in die finaal, na die bak van 20 dosyn koeksisters,  4de geëindig. Caledon VLV-tak is baie trots op hierdie prestasie van Retha.