Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Leefstyl 1

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 7 Oktober 2015

 

Helouise Erasmus van Miami Canners is die gasspreker.

 

004

Helouise Erasmus (spreker van Miami Canners) en Hetta Mans (sameroeper Leefstyl 1)

 

Miami Canners is geleë in die Limpopo provinsie naby ‘n klein dorpie Letsitele. Die eienaars en ook bestuurders is Mark en Yolande Pieters. Miami Canners is in 1984 gestig deur Yolande se pa, Jan Welthagen(snr) en was bekend vir hul heerlike appelliefiekonfyt.

 

Die klimaat in die Limpopo is ideaal vir die groei van verskeie landbouprodukte regdeur die jaar vanweë die warm vogtige somers en matige winters. Die produksielyne het verhoog van ingelegde konfyt na 15 lyne van verskillende produkte.

 

Gedurende 1990 het Miami Canners begin om van geblikte produkte ook te eksperimenteer met glasbottel verpakking. Miami Canners is vandag die grootste vervaardigers van gepekelde komkommers en uie in Suid-Afrika. In 1996 het hulle ook begin met mango atchar en die reeks het gegroei na een van die mees gesogte mango atchar produkte op die rakke.

 

Vandag na ongeveer 30 jaar is Miami Canners ‘n groot inmaak en botteleringsfasiliteit wat aan al die groot handelaars in Suid-Afrika produkte verskaf. Hul produkte bestaan uit: mango atchar, groente atchar, gepekelde komkommers, gepekelde uie, soet tamatiesmoor, piccalilli en geblikte tamatie- en uiesmoor.

 

Miami Canners het die HACCP sertifikaat in Januarie 2011 ontvang en hul ISO 22000 sertifikaat in Februarie 2012.  ‘n Resultaat van toewyding, entoesiasme en motivering van die hele personeel.

 

013

Rouxleen Moran (heel regs) wens die dames wat in Oktober verjaar geluk: Judy Peacock, Nita Brand, Hennah Greeff en Hanita le Roux