Liewe VLV-lid

 

VLVK betree nou ‘n oorbruggingsfase in soverre dit die webwerf aanbetref.

 

Ons bevind ons webmeesterloos, maar nié reddeloos. Die nuwe webmeester se termyn begin eers einde 2015. Tot tyd en wyl skuif ek weer agter die rekenaar in om julle bydraes in die kuberruim te verewig.

 

Alle bydraes word dus voortaan (weer) aan my gestuur by [email protected]

Let asseblief op die nuwe/veranderde e-pos adres.

 

Ek sien sommer baie daarna uit om die bekendes, nuwes en ou vrinne in my e-bus te sien!

 

Groete,

Natania