Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Beriggewer: Dina Erasmus
Datum: 3 Oktober 2015
Alexandria VLV-tak nooi hul gaste, Malmasion, Carpe Diem, Uitenhage, Hanekam en Despatch takke na `n Boerepiekniek.
Gaste word getrakteer in `n pragtige groen omgewing, met vlaggies en blomme in die bome, komberse oor hooibale en happies om aan te smul. Almal is mos hol op die maag met aankoms. Intertakkompetisies soos pynappelbier, `n landelike gerf blomme, outydse soetkoekies, weefwerk, `n drasak vir ‘n warm bak en `n gedrukte kaartjie met `n eie foto daarop was pragtig en van goeie gehalte. Alexandria tak was met trots die wenner van die geleenheid.
Gedagte vir die dag
Die lagterapeut, Celest van der Walt van Port Elizabeth, laat almal beweeg en skater. Om te lag was die doel van die geleentheid.
Wilna Nelson demonstreer met eierhours `n toekomstige inskrywing. Bedankingsgeskenkies en gaste se etes was verpak in kartonbokse gepas vir die geleentheid.
Pryswenners
Alexandria 1ste
Leave A Comment