Sirkel: SWD

Tak:  Voëlvlei

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Elize Locke

Datum:  22 September 2015

 

 

Tydens die laaste amptelike vergadering van VLV Voëlvlei vir 2015, het die dames na ‘n interessante demonstrasie van vleisgeregte vir die Kerstafel gekyk.  Bokkie Stander van Danabaai het eerstens ‘n ontbeende varknek en daarna ‘n ontbeende lamsrib en wildsfilletvleisrol aan die lede gedemonstreer.  Sy het die fillet bedek met gekapte kruie en daarna styf in die rib gerol.  ‘n Netsakkie was daaroor getrek vir die gaarmaakproses.  Die lede kon daarna proe aan die heerlike geregte. Die vleis vir die demonstrasie was geborg deur Gerrit Celliers, eienaar van Tollies Slaghuis in Mosselbaai.

 

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

 

Christine Beytel het die eerste prys gewen vir die vrugtebroodjie en Elmarie Engelbrecht vir haar Kersgeskenkkaartjies.

 

Die dames moes ook afskeid neem van Marie Hough wat lank op die bestuur gedien het.  Marie verhuis na Windhoek en baie seën en voorspoed word haar toegewens.  Annelise Schutte het ook bedank uit die bestuur na ‘n lang dienstydperk.  Reneè Zaayman en Mien Naude word in hul plek tot die bestuur verkies.

Die vergadering word afgesluit met ‘n voorlesing  deur Linzetta Smit.

 

OLYMPUS DIGITAL CAMERA