Sirkel:  Kalahari

Tak:  Vryburg

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Nellie Viljoen

Datum:  22 September  2015

 

 

Elri Botha het Vryburg VLV besoek om die probleem van Alzheimer se siekte aan te spreek. Dit is ‘n degeneratiewe siekte wat die funksionering van die brein aantas. Aangesien mense al langer leef, kom meer gevalle voor.

 

 

Die diagnose kan deur ‘n neuroloog met behulp van ‘n breinskandering gedoen word. Simptome begin gewoonlik as disoriëntasie, vergeetagtigheid, spraak word aangetas en dis moeilik om take te voltooi.

 

 

In die ligte stadium reageer hul stadiger en in die matige stadium is daar kroniese geheueverlies. In ernstige stadium sal hul moeiliker beweeg en dikwels verdwaal. Die terminale stadium word spraak aangetas en het hul 24 uur versorging nodig.

 

 

Elri het opleiding by die Alzheimer vereniging in die Vrystaat ontvang om ondersteuning aan pasiënte te gee. Dit is belangrik dat hulle met menswaardigheid behandel moet word. Praat duidelik en rustig en hou oogkontak sodat die persoon makliker sal verstaan. Dit is belangrik om ‘n veilige omgewing vir die pasiënt te skep. Vermy los matte en drade waaroor hulle kan val, moenie meubels rondskuif nie, hul verkies ‘n bekende omgewing. Sorg vir beligting snags as hul dalk wakker word. As beweging moeilik word, verskaf ‘n loopraam en later ‘n rolstoel. Sluit alle medisyne en skoonmaakmiddels toe.

 

 

Kies ‘n versorger met oordeel aangesien fisiese, emosionele, finansiële of seksuele mishandeling van bejaardes wel voorkom.

 

 

Eurika Tersia Elri Rika - Copy (Custom)

Eurika Byleveld, Tersia Grobler, Elri Botha, Rika Swart

 

 

Die tak het ook besoek ontvang van Tersia Grobler, president van Sirkel Kalahari.   Sy het beklemtoon dat lede die VLV moet gebruik as platform om probleme met instansies aan te spreek.

 

 

Eurika Byleveld het wenke en idees vir die maak van yskasmagnete verskaf.

 

 

yskasmagnete - Copy (Custom)