Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting:Leefstyl – Naaldwerk

Beriggewer: Mia Louw

Datum: 16 September 2015

 

Hannalize Louw, Naaldwerk sameroeper, saam met Irma Viljoen van Sew Blessed

Hannalize Louw, Naaldwerksameroeper, saam met Irma Viljoen van Sew Blessed

 

Irma Viljoen van Sew Blessed verskaf naaldwerk- en handwerkitems aan van die grootste kersmarkte in die land. Van Kamers vol Geskenke tot in Bloemfontein.

 

Om jou eie handwerkbesigheid te begin verg harde werk, lang ure en deursettingsvermoë. Verpakking van jou produk en ‘n aantreklike uitstalruimte is belangrik, so doen moeite met jou stalletjie wanneer dit kom by die voorlegging vir plek by ‘n mark.

 

Wanneer 100de eenhede van dieselfde produk gemaak moet word is dit belangrik om vooruit te beplan, vroegtydig te begin met die voorbereiding en ook partymaal van buite hulp gebruik te maak.

 

Irma maak kaartjies waarop sy ‘n materiaal vasstik met ‘n naaimasjien. dit is baie treffend. Na baie jare van by elke kleiner mark uitstal en omtrent die Kaap platry elke naweek vanaf haar tuisdorp Velddrif, fokus sy nou op groter markte, waar sy nie noodwendig die hele mark lank haar eie stalletjie beman nie, maar net een diensbeurt het.

 

Die groter markte het ook ‘n fasiliteit waar sy elke aand op die Internet kan gaan kyk hoeveel van haar produkte verkoop het die dag en hoeveel voorraad nog beskikbaar is vir die volgende dag se verkope, sodat dit betyds aangevul kan word.

 

Produkte van Sew Blessed

Artikels van Sew Blessed

 

Irma is ‘n kreatiewe inspirasie en sy deel graag al die ervaring wat sy al opgedoen het met haar besigheid.