Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule:  Gesondheid

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  17 September 2015

 

Jean van der Riet  is `n plaaslike Hospice werker en sien om na kanker pasiënte in die omgewing van Kenton on Sea tot Cannon Rocks. Sy deel met die dames dat dit vir haar pasiënte belangrik is om inbeheer van hul eie lewens te bly.  So ook om oor hul diagnose te praat met geliefdes.  Sy wys daarop dat stres `n groot faktor by die ontwikkeling van kanker is. Sy lig uit dat om “coconut oil” in die dieet in te sluit baie gesondheids voordele inhou. Dit bevorder breinfunksie en kan moontlik voordelig weer vir Altzeimer leiers.

 

Lizette de Lange is `n gekwalifiseerde “chef”, maar tans betrokke in die gesondheidsveld, lig die dames in oor Insulien weerstandigheid en die waarde van “detox”.  Toestande soos Kortisol afskeiding, veroorsaak deur oormatige stres en die Ph balans van die liggaam, word uitgelig. Wan toestande in albei gevalle is verantwoordelik vir slegte spysvertering en ander liggaamspyne.  Sy is `n voorstaander van natuurlike middels vir die behandeling van die kwale. Middels soos gelatine, kankerbossie en Fenu Greek word aanbeveel. Boeke wat die inligting bevat is ‘Optimum Nutrition Bible’, ‘Black Seeds’ en ‘Health through Gods pharmachy’.

 

1

(staande links na regs)Lizette de lange, Hanneli, Edith & Heila, (sittende)Jean van der Riet en Ria)