Sirkel:  Weskus

Tak:  Citrusdal

Portefeulje:    Potpourri-vergadering

Beriggewer:   Jolien Mouton

Datum:  16 September 2015

 

Zanmari van Niekerk is die gasspreker.  Zanmari werk al 15 jaar met kinders met spesiale behoeftes, waaronder outisme.  Sy werk tans by West Coast Kollege waar sy opleiding aan crèche-opvoeders gee.  Daar is 2 Suid-Afrikaanse programme waarvan sy lede kom vertel.

 

AUDIBLOX:  help vir lees en konsentrasieprobleme;  word hoofsaaklik aangebied vir Graad 1-7 kinders;  ouditiewe oefeninge  en word in groepe van 10 of minder kinders aangebied.

 

Zanmari van Niekerk (Custom)

 

BREINGYM:  bied individuele aandag en stimulasie aan babas en kleuters 3 maande tot graad RR; dis meer fisiese oefeninge.

 

Zanmari en Annette Neethling (voorsitter) (Custom)

 

Alida Maarman vertel lede meer van die boom van die jaar, die Bosvaderlandswilg.  Die Bosvaderlandwilg se wortelstelsel is nie indringend nie en dit kan dus in klein tuine en langs opritte geplant word.  Dit word as ‘n medium tot groot boom geklassifiseer en is immergroen, maar kan in sommige kouer areas bladwisselend wees. Die blare verkleur helderrooi tot pers in die winter en val dan af voor dit blom en dit begin in Augustus blom en hou aan met blom tot laat in November. Die blommetjies is roomwit en spog daarna met trosse pienkrooi vrugte (sade) wat baie mooi vertoon in die herfs en hierdie sade verkleur ook soos die blare, na helderrooi tot pers in die winter.

 

Astrid Basson gesels oor die 2 mees algemene vorme van kanker by vrouens:  bors- en servikale kanker.  Vrouens moet gereeld hulself tuis toets vir borskanker, wees waaksaam teen knoppe in borste en gaan gereeld vir ‘n papsmeer.

 

Estelle MacGregor vertel lede oor veiligheidsmaatreëls vir Facebook.  Moenie persoonlike inligting op profiel sit nie.  Geen foto’s van kinders.  Moenie vreemdes as “facebook”-vriende aanvaar nie.  Monitor jou Facebook-profiel gereeld.  Let op na taalgebruik en “logout” by Facebook as jy klaar op rekenaar is.

 

Lede (Custom)